Header Main
22 Feb 2012

Kom bak ‘n koeksister, suster!

Geen Kommentaar Ander

Innibos en Huletts het vanjaar hande gevat om die splinternuwe Beste Koeksister-kompetisie van stapel te stuur.

Dowwe Dolla in haar kombuis

 Die kompetisie gaan vooraf gehou word  en die vier finaliste gaan deur die bekende Peter Veldsman aangewys word. Hierdie vier koek-SUSTERS gaan meeding om as die Huletts Beste Koeksister 2012 gekroon te word en om met die prysgeld van R50 000 kontant weg te stap. Die 4 finaliste wen elk ’n reis na die Innibos Kunstefees ter waarde van R10 000.00.

Klein koeksistertjies van dié vier resepte gaan uitgedeel word en feesgangers gaan besluit watter koeksister nou die sappigste een is. Dit gaan ’n vet-pret-aanbieding wees waar bekende kunstenaars
soos Arno Jordaan, Dowwe Dolla, David Fourie en Jay gaan optree. Hierdie kompetisie gaan elke dag om 15:00 op die Bosmôl-verhoog plaasvind.

Tags: , , , , ,
written by
Philna is verantwoordelik vir die Innibos produksieprogram- toneel, boeke, musiekteater, kinderteater
No Responses to “Kom bak ‘n koeksister, suster!”

Leave a Reply